Isaac Asimov | |
---|---|
Isaac Asimov in 1965 | |
Gebore | Isaak Yudovich Ozimov tussen 4 Oktober 1919 en 2 Januarie 1920 Petrovichi, Russiese SFSR |
Sterf | 6 April 1992 (op 72) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | skrywer, professor in biochemie |
Bekend vir | Foundation Series Robot series Nightfall The Intelligent Man's Guide to Science I, Robot The Bicentennial Man The Gods Themselves |
Eggenoot | Gertrude Blugerman (1942–1973; geskei) Janet Opal Jeppson (1973–1992; sy dood) |
Kinders | David Asimov Robyn Joan Asimov |
Handtekening | |
Isaac Asimov (oorspronklik Исаак Озимов, maar nou getranskribeer in Russies as Айзек Азимов) (tussen 4 Oktober 1919 en 2 Januarie 1920 – 6 April 1992) was 'n Amerikaanse skrywer en biochemikus. Hy was 'n baie suksesvolle en produktiewe skrywer van wetenskapsfiksie sowel as van populêre wetenskaplike boeke vir die breë publiek.[1] Hy het ongeveer 500 publikasies gedurende sy leeftyd gepubliseer. Sy aanhangers verwys steeds na hom as The Good Doctor. Isaac Asimov word beskou as deel van wetenskapsfiksie se Groot Drie skrywers van die twintigste eeu. Die ander twee skrywers is Robert Heinlein en Arthur C. Clarke.[2]